Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 12 VAN 43

Lees: Genesis 31; 1 Johannes 3:18–24

SOAP: 1 Johannes 3:23–24

En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het. Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.

Oordenking

As ons Genesis vanuit ‘n literêre oogpunt bestudeer, leer ons baie oor Jakob. Jakob is die protagonis, die persoon wat in die narratief of vertelling verander. Laban is die antagonis, die persoon wat die verandering in die protagonis veroorsaak.

Gedurende sy verblyf in Paddan Aram het ‘n groot verandering wel in Jakob plaasgevind. Jakob het daar aangekom as ‘n bedrieër wat ‘n groot belofte van God ontvang het. Deur God se tugtiging en Laban se bedrog, het Jakob se identiteit as bedrieër klaarblyklik verander. Jakob het besef hoe God hom slegs deur sy genade geseën het.

God het Jakob in ‘n droom by Bet-el ontmoet, en belowe om hom te seën en te beskerm, en Jakob het daarop gereageer met die belofte om na sy vaderland terug te keer (Genesis 28:10-22). Op hierdie stadium het God Jakob in ‘n tweede droom ontmoet en aan hom opdrag gegee om met sy gesin en besittings terug te keer na sy land. Jakob het gehoorsaam.

Toe Jakob besef hoe God sy belofte gestand gedoen het, was hy getrou om die belofte wat hy aan God gemaak het, na te kom. Hoewel Jakob nie volmaak was nie, dui hierdie gebeure daarop dat hy besig was om na God toe en weg van sy eie planne af, te draai. In plaas daarvan om sy stryd met Laban voort te sit, het Jakob weggegaan en God se opdrag gehoorsaam. God het Jakob se terugkeer beveel, daarom was hy seker dat God hom en sy familie sou beskerm. God se seëninge is deur drome, straf, ‘n gesin en baie besittings oor Jakob uitgestort en dit was tyd vir Jakob om te verander, om gehoorsaam op te tree en God te volg.

Ongeag ons verlede, ongeag hoeveel keer ons soos Jakob optree, ander bedrieg of ons eie koppe volg, kan ons altyd kies om aan God gehoorsaam te wees. Of dit die eerste keer is dat ons na Hom toe draai, en of ons na Hom terugkeer; Hy is altyd bereid om ons te vergewe. Ons kan ons tot Hom wend en ons daartoe verbind om getrou te wees, met die sekerheid dat Hy genadig sal wees.

Jakob was getrou aan God se spesifieke opdrag om terug te keer huis toe. Ons het ‘n baie duidelike opdrag van God om in sy Seun Jesus Christus te glo en mekaar lief te hê. As ons God se opdragte uitvoer, kan ons op sy beskerming staatmaak. Wanneer Hy kies om ons te seën en ons aan Hom gehoorsaam is deur in sy Seun te glo, kan ons vol vertroue wees dat sy liefde en genade ons lewens sal oordek.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/