Wanneer ’n Geliefde SterfVoorbeeld

Wanneer ’n Geliefde Sterf

DAG 4 VAN 7

Job vind rus by God

Dit is dalk vir jou ondenkbaar om jou voor te stel dat jou eie pyn ooit anders sal wees as nou. Job het sekerlik nie gedink hy gaan deur sy eie rousmart werk nie. Tog kan hy hier in hoofstuk 42 met sekerheid getuig dat hy God nou met sy eie oë gesien het.

Job se eerste drie vriende was nie goeie helpers nie. Hulle het net een antwoord vir sy swaarkry gehad, en dit was dat al hierdie swaarkry sy eie skuld was. Gelukkig is mense se antwoorde nie God se antwoorde nie. Uiteindelik praat God self en wys vir Job bloot die grootheid van die skepping waarvoor Hy sorg. Toe Job kyk, raak hy rustig sonder antwoorde. Uiteindelik bely hy dat hy nóú eers God van naby leer ken het en mét Hom gepraat het, nie net óór Hom nie.

Is kernantwoorde vir jou genoeg? Of wil jy álles weet? Die kern is dat God ons liefdevolle, almagtige, versorgende Vader is. As die kind nie in staat is om alles te verstaan nie, verduidelik die Vader net die basiese. En al is dit nie alles nie, weet ons dit is genoeg.

Skryf neer wat jou vriende vir jou sê in hulle pogings om te help. Vra God om jou te help om ag te slaan op alles wat positief en nuttig is.

My Vader in die hemel, ek het nog steeds baie vrae. Ek praat ook met baie vriende en hulle antwoorde is soms goed vir my en soms onaanvaarbaar. Help my om u stem te hoor, want ek weet U alleen sal vir my die regte antwoorde gee. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ’n Geliefde Sterf

Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/