Wanneer ’n Geliefde SterfVoorbeeld

Wanneer ’n Geliefde Sterf

DAG 2 VAN 7

Jesus se saamhuil

Was jy dalk al in die versoeking om te wil dink dat Jesus hier onnodig gehuil het? Hy het mos geweet Lasarus gaan weer lewend gemaak word. Hoekom het Hy dan gehuil? Dis logies dat die ander mense sou huil, want vir hulle was Lasarus finaal en permanent dood.

Jesus huil hier, want Hy het die hartseer van Maria en Marta gedeel. Hy het werklik sáám met hulle gevoel. Baie mense sê: “Ek voel saam met jou,” dalk juis nou wanneer hulle jou kom besoek en hul simpatie wil betoon. Maar dan weet ons dat hulle eintlik maar net probeer saam voel. Dis baie moeilik om werklik ’n ander se hartseer volledig te deel.

Dit is egter iets wat Jesus kan doen – toe en vandag nog. Wanneer almal vertrek het en jy net wil sit en huil, kom sit Jesus langs jou en huil saam met jou. Hy het beslis al die antwoorde en oplossings, maar dit gee Hy later. Nou gee Hy net sy liefdevolle nabyheid en ware begrip.

Sit of lê maar net by Hom.

Hy verbied nooit trane nie, Hy droog dit net af.

Skryf neer hoe dit jou laat voel om te weet dat Jesus by jou is en jou trane afdroog.

Hemelse Vader, dankie dat U na Marta en Maria toe gegaan het. U het hulle geseën met ’n wonderwerk en Lasarus het weer gelewe. Ek vra nie daardie wonderwerk nie. Ek vra net dat U vandag by my sal wees en my vashou. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ’n Geliefde Sterf

Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/