Wanneer ’n Geliefde SterfVoorbeeld
Ek mag Jesus pla
Alarmstelsels het twee funksies: Dit maak ’n mens bewus dat daar groot nood is, en dit roep vir hulp. Die storm op die see was vir die dissipels ’n alarmstelsel. Hulle het skielik besef dat die nood groter is as wat hulle kan hanteer. Die storm was ’n saak van lewe en dood. Dis toe eers dat hulle roep vir hulp.
Ons weet ons het elke oomblik God se hulp nodig. Maar soms vra ons eers hulp wanneer dinge onhanteerbaar geword het. Dalk is dit goed bedoel, want ons wil nie al ons verantwoordelikheid op God afskuif en van Hom verwag om elke klein dingetjie te hanteer nie. Soms wil ons Hom nie “pla” nie, en nie eintlik erken dat ons nie meer kan nie.
Jy kan die Here maar pla. Jy kan aanhoudend by Hom hulp vra vir jou angs oor môre se alleenheid. Jesus sal dan wel verduidelik dat sulke angs onnodig is juis omdat Hy altyd hier by jou in jou lewensbootjie is. En daarna gaan Hy die storm hanteer. Jesus het die storm op see stilgemaak en daardeur gewys Hy is God wat kán.
Vandag se pynstorm sal nie dadelik gaan lê nie. Maar dit sal uiteindelik, want Hy kan storms stilmaak.
Skryf alles neer waarmee jy Jesus vandag wil “pla”.
God van vrede, ek ken hierdie stormstorie al baie lank. Ek sou U baie vinniger as die dissipels wakker gemaak het. Ek gaan U nog baie pla, want hierdie storm is baie erg. Here, red my, want ek voel of ek vergaan! Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/