Vanuit Die HartVoorbeeld

Vanuit Die Hart

DAG 6 VAN 7

Wat is my verantwoordelikheid?

Waarvoor is jy alles werklik “verantwoordelik”? Het jy al ooit ’n lys gemaak en biddende daaroor nagedink? Hierdie goeie gewoonte help my om nie so oorweldig te voel oor alles wat ek moet doen nie, asook om helderheid en perspektief te kry.

Daar is verskillende dinge waarvoor ons verantwoordelikheid móét aanvaar: ons geloof en oortuigings, die keuses wat ons maak, ons verhouding met God, die woorde wat ons spreek, die vriende wat ons kies, ons verbintenis in ons huwelik en kinders en ons gesondheid.

Daar is egter ook dinge waarvoor ons nié verantwoordelikheid hoef te aanvaar nie, soos die optrede van ander mense, hulle gedrag en gedagtes, asook omstandighede waaroor jy nie beheer het nie.

Dietrich Bonhoeffer het gesê dat dade nie uit gedagtes ontstaan nie, maar uit ’n bereidwilligheid om verantwoordelikheid te aanvaar.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vanuit Die Hart

Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/