Vanuit Die HartVoorbeeld

Vanuit Die Hart

DAG 3 VAN 7

Ware skoonheid deurstaan die toets van tyd

Het jy al ooit mense ontmoet wat vir jou al hoe mooier word hoe beter jy hulle leer ken? Hoe meer tyd jy saam met hulle deurbring, hoe meer tyd wíl jy saam met hulle deurbring. Dít is ware skoonheid – die soort skoonheid wat uit die hart kom. Vriendelikheid, liefde en geduld.

Ons almal word oud, maar ware skoonheid sal die toets van tyd deurstaan.

Ek het al soveel keer gevoel ek word op grond van my voorkoms geoordeel deur al die oë wat op my rus. Wanneer jy weer die gevoel kry dat die mense rondom jou jou oordeel op grond van jou uiterlike voorkoms, onthou hierdie waarhede:

  • Jou ware skoonheid sal altyd te voorskyn kom.
  • God kyk na jou hart.
  • Moenie ander mense oordeel op grond van hoe hulle lyk nie.

Soos liefde in jou groei, sal skoonheid ook groei, want liefde is wat die siel mooi maak. (Augustinus)

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vanuit Die Hart

Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/