Vanuit Die HartVoorbeeld

Vanuit Die Hart

DAG 1 VAN 7

Die skoonheid van ’n blom

Daar staan ’n bos proteas voor my terwyl ek vandag se stukkie skryf. Hulle is so pragtig dat ek vanuit alle hoeke na hulle kyk om te probeer uitvind presies wat hulle vir my so pragtig maak.

Toe my ma dié bos proteas vir my gegee het, het dit die boodskap aan my oorgedra dat sy lief is vir my, my waardeer en my sal bystaan. Hierdie blomme is vir my so mooi oor hoe hulle my laat voel. Die emosies wat hulle in my wakker maak, maak die proteas vir my so uitsonderlik pragtig.

Dit is ons sagmoedigheid wat in God se oë kosbaar is. Ware skoonheid kom van binne en dit word sigbaar in hoe jy die mense rondom jou laat voel.

Om net te leef, is nie genoeg nie. ’n Mens moet sonskyn, vryheid en ’n klein blommetjie hê. (Hans Christian Andersen)

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vanuit Die Hart

Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/