Vanuit Die HartVoorbeeld

Vanuit Die Hart

DAG 5 VAN 7

’n Ma se hart

Ek onthou nog die oomblik toe ek my babaseuntjie die eerste keer vasgehou het. Daar was ’n kosbare oomblik waarin dit net ons twee was. Op daardie oomblik het ek die liefde in my voel opvlam soos ek dit nog nooit voorheen ervaar het nie. Maar ek het ook bewus geword van ’n gevoel van verantwoordelikheid soos ek dit nog nooit beleef het nie.

Dit is ’n voorreg om ’n ouer te wees, maar ook ’n groot verantwoordelikheid. Om te besef dat God hierdie klein mensie aan my toevertrou het, ’n mensie wat niks vir homself kan doen nie. Op daardie oomblik was dit vir my onmoontlik om die volle omvang van ouerskap te begryp.

God verwag egter nie van ons om al die antwoorde te hê nie. Ek voel vertroos en gerusgestel dat ek nie alleen verantwoordelik is om hierdie baba groot te maak nie. Ek kan die verantwoordelikheid deel met my man, ons uitgebreide familie en met God.

Voel jy oorweldig deur ’n swaar verantwoordelikheid in jou lewe? Onthou dat jy dié verantwoordelikheid nie alleen hoef te dra nie. God is by jou.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vanuit Die Hart

Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/