Vanuit Die HartVoorbeeld
Alles op een slag?
Ons seun is gebore terwyl ek besig was met my finale jaar as mediese student. Ek het in daardie jaar ’n les geleer wat my lewe sedertdien elke enkele dag verander het.
Glo jy daarin om te "multitask"? Om ’n superheld te probeer wees wat alles op een slag doen? Ek het daardie jaar met ’n skok besef ek is geensins "Wonder Woman" nie. Ek het oorweldig gevoel, ek was uitgeput en gestres. Ek wou dikwels opskop.
Dit het gebeur omdat ek alles tegelyk probeer doen het en daarom tegelyk in alles misluk het. Maar sou dit nie makliker gewees het om op een taak op ’n slag te fokus nie? Om byvoorbeeld al my gedagtes, emosies en energie op my seun te fokus en nie my aandag te laat aflei deur alles wat ek nog moet doen nie? Hierdie besluit het my lewe verander. Wanneer ek studeer het, het ek hard studeer. Wanneer ek geoefen het, het ek hard geoefen. Wanneer ek my babaseuntjie vertroetel en versorg het, het ek alle ander gedagtes uit my kop verban.
Dit word "chunking" genoem: om jou dag se take in brokstukke te verdeel en só by alles uit te kom. Hoekom probeer jy dit nie vandag nie?
Ons is outomaties daarop ingestel om te "multitask". Ons moet dus hierdie outomatiese instelling verander.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/