Twyfel In GodVoorbeeld

Doubting God

DAG 7 VAN 7

'n Stewige Fondament

Net soos die opknapping van 'n huis probleme kan oplos en die huis in 'n beter toestand as voorheen sal wees, kan ons twyfel, indien reg hanteer, die katalisator wees tot 'n dieper geloof.

Twyfel is selde 'n eenmalige gebeurtenis — dit kan in verskeie tydperke en situasies opduik. Of jy twyfel ervaar het as gevolg van 'n moeilike vraag wat jy nie kon beantwoord nie, 'n ervaring wat onregverdig gelyk het, of 'n seer waarmee jy nie kon versoen nie, ons weet dat ons twyfel nie vir Jesus ontstel nie.

Dawid het dit baie goed geweet; Dawid wat bekend was as 'n man na God se hart. Hy was egter nie perfek nie, maar hy het geveg vir sy verhouding met God.

Te midde van sy donkerste oomblikke het hy na God geroep. Hy het het gevoel dat God hom verstoot: "In my nood soek ek hulp by die Here; ook in die nag bly my hande in gebed uitgestrek sonder om moeg te word; maar ek vind geen troos nie" (Psalm 77:3).

In Psalm 77:9 sien ons hoe hy 'n interne stryd voer wanneer hy nie die teenwoordigheid van God voel nie. "Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?" Tog herinner hy homself aan God se getrouheid, sy wonderwerke en sy geaardheid.

Ons kan dieselfde reaksie toon midde-in ons pyn en gebrokenheid. Ons verstaan dalk nie altyd God se weë nie, maar ons kan sy karakter vertrou.

Terwyl ons dan vrae en twyfel teëkom, kom ons kyk na Jesus as ons anker. Hy het na hierdie aarde gekom as 'n kwesbare baba, en sodoende gewys hoe ver Hy sou gaan om by ons te wees. Namate ons ons diepste twyfel verwerk, kan ons ons oortuigings teen sy lewe en sy Woord toets. In die bergrede sê Hy:

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes” Matteus 7:24-27.

Jesus se woorde en lewenswyse is ons kompas om Hom te volg. Soos ons in Dawid gesien het, verwag Hy nie volmaaktheid nie. Hy weet dat ons dikwels sal vra waarheen ons gaan, net soos sy vroeë dissipels gevra het.

Wanneer ons egter twyfel, kan ons ons geloof in Hom anker, in die wete dat Hy betroubaar is. Hy is geduldig. Hy wil saam met ons wandel, selfs in ons twyfel.

Bid: Vader, help my om u Woord te hoor, te glo en uit te leef. Help my om my lewe en geloof op 'n vaste fondament van rots te bou. Wanneer ek ontwrig voel, weet ek dat U onwrikbaar is, en ek stel my vertroue in U. Dankie dat U by my is, selfs te midde van vrae en twyfel. In die Naam van Jesus. Amen.

As jy hierdie leesplan geniet het, kom meer te wete in die meegaande preekreeks van Pastoor Craig Groeschel, "Doubting God".

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Doubting God

Wat as twyfel nie die teenoorgestelde van geloof is nie, maar 'n poort na 'n dieper geloof? In hierdie 7-dae leesplan van pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Twyfel in God, sal ons ontdek dat twyfel nie van jou 'n slegte Christen maak nie. Trouens, dit is dalk net 'n noodsaaklike bestanddeel van dissipelskap.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/