Ek Het U Nodig!Voorbeeld

MY BRON VAN KRAG
Here, ek is ’n sterk en onafhanklike vrou. My kwalifikasies, ondervinding en harde werk besorg vir my respek. Vriende en geliefdes staan by my. My bates en bankbalans stel my gerus dat ek nie vandag enige tekortkominge sal hê nie. Al is hierdie dinge ’n seën, kan dit my in die versoeking bring om te vergeet hoe nodig ek U het. In plaas daarvan om op U te vertrou, word ek trots. Eiewaan weerhou my daarvan om na U toe te draai.
Werk in my hart om my nederig te maak. Leer my om U te sien as die bron van alles wat wonderlik is in my lewe. Gee dat ek altyd sal bid oor alles wat ek nodig het. In plaas daarvan om my vertroue te stel in verhoudings, geld of sukses, laat ek op u liefde vertrou. “Daar is vir my niks goeds nie behalwe by U” (Psalm 16:2, Bybel in Afrikaans 1983/1992).
Amen.
Hierdie gebede is geneem uit 101 GEBEDE VIR VROUE deur Joanna Teigen © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
