Ek Het U Nodig!Voorbeeld

GELOOF SOOS ’N KIND
Here ... Sterk. Beslis. Onafhanklik. Bekwaam. Voorbereid. Ek moet dit alles wees en nog meer, want ek dra soveel verantwoordelikheid. Ander maak elke dag op my staat vir hulp en antwoorde. Ek is bang my selfvertroue sal kwyn. Sê nou ek misluk? Wat sal gebeur as my krag of hulpbronne eenvoudig nie genoeg is nie? Ek sorg vir ander, maar wie sal vir my sorg?
Vergewe my my trots om te dink ek het U nie nodig nie. Leer my om soos ’n klein kindjie te wees wat U vertrou en volg en in u liefde rus vind. Vernuwe my denke sodat ek beter kan verstaan hoe U vir u kinders sorg. Maak my vrese stil, laat my geloof toeneem en vul my met u vrede.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
