Ek Het U Nodig!Voorbeeld

GETROU EN WAAR
Here, U was eerlik toe U gesê het: “In die wêreld sal julle swaarkry beleef” (Johannes 16:33). In u goedheid het U my gewaarsku teen vals onderwysers wat my van U af sal probeer weglei. U het verduidelik dat ek, deur my eenheid met Christus, dieselfde haat sal ervaar wat Hy beleef het. U Woord beskryf die vervolging van u kinders wat vandag nog voortgaan. Maar te midde van hierdie moeilike realiteit, gee U vir my alles wat ek nodig het.
Dankie vir u troos wanneer ek swaarkry. U beskerm my, bemoedig my en sal my eendag beloon met ’n ewige beloning. Hoop, vrede en u oorvloedige liefde is elke oomblik myne.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
