Ek Het U Nodig!Voorbeeld

EK WAG VIR U
Here, U ken die diepste en blywendste begeertes van my hart. Ek roep dag en dag uit na U in gebed en wag dat U sal antwoord. Maar die tyd gaan verby en my hoop word min. Het U my gehoor? Sal U vandag in my behoeftes voorsien? Weet U van my hartseer? Sal U die uitkoms en seën gee waarvoor ek hoop?
Ek het krag nodig om aan te hou vertrou en aan te hou vra. Gee my die geloof dat U reg sal laat geskied aan u uitverkorenes wat dag en nag na U roep (Lukas 18:7). Herstel my vertroue in u krag en liefde terwyl ek sien hoe U werk. Verhef my gees en vul my met oorweldigende vreugde terwyl U u hand oopmaak om te voorsien in my hart se verlangens. U is getrou en goed.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
