Ek Het U Nodig!Voorbeeld

OP SOEK NA GOD
Here, ek het U so nodig. Sonder U het ek geen wysheid of begrip nie. My hoop word deur wanhoop skeefgetrek. Sonde skiet wortel en laat my afdraai van u pad en maak die mense seer wat ek geroep is om lief te hê. Wanneer ek wegdryf van U af, raak ek verdwaal, stukkend en bang.
Ek wil U vind, Vader. Laat ek U raaksien deur u skepping. Praat met my deur u Woord en u mense. Laat ek volhard in gebed totdat ek u stem hoor. Help my om af te sien van my eie begeertes sodat ek net in U ware tevredenheid vind. Leer my om in U te bly sodat ek vrug kan dra (Johannes 15:4) en U kan liefhê met my hele hart. Kom nader aan my soos wat ek nader kom aan U (Jakobus 4:8).
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
