Geen Aanstoot Voorbeeld
Lewe met Geen Aanstote
In hierdie lewe, sal daar altyd iets wees om oor aanstoot te neem. Of dit 'n verdelende nuus opskrif is, verskillende menings, of geringe verkeersvoorvalle, ons het waarskynlik 'n miljoen redes om elke dag aanstoot te neem.
Soos wat Pastoor Craig dikwels sê: "Om aanstoot te neem is onvermydelik. Om met aanstoot te lewe is 'n keuse.”
Dink aan die laaste keer wat jy aanstoot geneem het oor iets. Het dit jou lewe beter gemaak? Het dit jou bitter gemaak?
Hier is die ding: 'n Hart wat vol woede is, gaan nie 'n lewe gevul met vrede voortbring nie.
Soos wat ons gepraat het op dag een, partykeer is ons woede net die resultaat van ons trots. Wanneer dit gebeur, het ons nodig om berou te toon en te onthou dat Jesus ons nie geroep het om reg te wees nie — Hy het ons geroep om lief te hê. Dit beteken nie dat ons God se waarheid ignoreer of om 'n opinie te vermy nie. Dit beteken dat ons wel gekies het om bekend te wees vir ons liefde, nie vir ons standpunt inneming nie.
Dit is maklik om te dink dat die wêreld meer verdeeld is as ooit tevore, dit maak dit moeilik om te lewe as mense wat nie aanstoot neem nie. Daar was nog altyd redes om aanstoot te neem en Jesus se dissipels is nie 'n uitsondering nie.
Jesus het 12 dissipels gekies van 'n wye verskeidenheid van agtergronde, beroepe en politieke sienswyse en hulle het mekaar lief gehad. Natuurlik het hulle hulle meningsverskille gehad — soos wanneer hulle gestry het oor wie die grootste en die belangrikste is — maar hulle het in eenheid gestaan vir hulle missie ten spyte van hulle verskillende opinies.
Matteus het dit uitgewys toe hy Jesus se roeping beskryf het vir sy dissipels. Hy het seker gemaak om sy eie beroep uit te wys — tollenaar — en het Simon "die yweraar" genoem.
Simon, as 'n yweraar, sou deel gewees het van 'n groep wat die Romeinse regering desperaat wou omverwerp. Intussen het Matteus vir die regering gewerk. Ten spyte van daardie baie verskillende posisies, was hierdie mans vriende. Hulle het saam gedien. Hulle het saam geëet. Hulle het saam gelewe.
Ons kan uit hulle voorbeeld leer. Ons hoef nie oor alles saam te stem om liefdevol te wees nie. En as ons kies om ons verskille opsy te sit, kan ons 'n verskil maak.
Watter wrok moet jy dus laat vaar?
Watter aanstote moet jy neerlê?
Watter woede kan jy laat gaan?
Elke minuut wat jy deurbring om kwaad te wees, is 'n minuut van vreugde en vrede wat jy verloor. Dit is dus tyd om oor te gee. En dit is tyd om saam te leef met geen aanstoot.
Bid: Vader, help my om ander te sien soos U hulle sien. Openbaar vir my enige aanstote of woede wat ek nodig het om te laat gaan, en help my om dit ten volle aan U oor te gee. Ek wil nie meer aanstote, woede of bitterheid dra nie. Vul my eerder met meer van u vreugde, vrede en liefde. In die Naam van Jesus. Amen.
Kom meer te wete oor die oorwinning van aanstote in pastoor Craig se boodskapreeks, "No Offense."
Aangaande hierdie leesplan
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.
More