Geen Aanstoot Voorbeeld

No Offense

DAG 4 VAN 7

Genesing of Kwetsend? 

Dit is 'n versoeking om ons woede heeltemal te ignoreer, om te glo dat goeie Christene nie veronderstel is om kwaad te word nie. Daar is verskeie kwessies met hierdie strategie. Eerstens, God het vir ons die emosie van woede gegee, woede self is nie 'n probleem nie. Tweedens, om woede te ignoreer gaan dit nie wegvat nie. 

Trouens, om ons woede weg te steek kan soms tot bitterheid, wrokke of sinisme lei — waarvan nie een ons help om meer soos Christus te wees nie. 

Aan die anderkant van die spektrum, baie van ons mag ingee aan ons woede, ontplof of skreeu op ander as gevolg van ons persoonlike pyn. 

Geeneen van die reaksies is wys nie. 

Die ding is, woede kan 'n baie nuttige emosie wees wanneer dit reg bestuur word. Woede toon aan ons wanneer ons iets wat verkeerd is reg moet maak, om op te staan vir onsself en vir ander en om 'n probleem reg te maak. Trouens, woede kan ook die katalisator wees vir genesing en herstel van verhoudings. 

Kyk na wat Efesiërs 4:26-27 daaroor sê: 

“As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie." 

Dit bemoedig ons dat die dag van ons seer ook die dag van ons genesing moet wees. Dit beteken dat ons ons woede gebruik om ons aksie aan te vuur — nie om 'n wrok te koester nie. 

Hoe kan ons ons woede ontlont op 'n lewegewende manier?  

  1. Erken die woede wat jy voel. Haal diep asem. Voordat jy enige iets sê wat jy gaan berou, neem 'n oomblik en dink waarom jy kwaad is. Het iemand 'n grens oorgesteek wat jy graag wil beskerm? Het iemand 'n persoon vir wie jy lief is of voor omgee, seergemaak? Is daar 'n onreg wat reggestel moet word? Indien wel, moet nie daaraan herkou nie. Gaan en doen iets daaromtrent. Voer 'n gesprek, veg vir genesing ten spyte van jou seergemaakte gevoelens.  
  2. Bid oor jou woede. Vra die Heilige Gees vir selfbeheersing, gesonde verstand en 'n kalm, vergewensgesinde gesindheid. Vra God om aan jou te openbaar indien daar 'n gedeelte van die woede is wat jy jou eie kan maak of indien daar 'n aksie is wat jy moet neem.  
  3. Soek herstel en versoening. Wanneer jy kwaad word vir iemand, moet die dag van die oortreding ook dieselfde dag van vergifnis wees. Moet nie wag tot môre om die genade vir vandag te gee nie. 

Woede is onvermydelik, maar dit is nie nodig om bang of skaam te wees daaroor nie. Ons kan nie beheer wat met ons gebeur nie maar ons kan beheer hoe ons reageer. Laat ons mense wees wat stadig reageer, vra vroegtydig verskoning en vergewe maklik, sodat ons kan lei met liefde.

Bid: Vader, dankie vir die emosie van woede wat U vir ons gegee het. Wanneer ek voel dat woede aan die kom is, gee my die wysheid om te wag en dit vir U te bring. Help my om stadig te wees om te praat en vinnig om te luister. Gee vir my selfbeheersing en help my om my woede te hanteer op 'n manier wat u eer. In die Naam van Jesus. Amen. 

*Let asseblief op — Indien jy diep pyn of trauma ervaar of indien jy in 'n situasie verkeer waar versoening gevaarlik kan wees, oorweeg dit om 'n Christelike berader te sien. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

No Offense

Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/