Geen Aanstoot Voorbeeld
Verheug om Verkeerd te Wees
Die meeste van ons verlustig ons daarin om reg te wees. Wat daarvan as ons nodig het om te leer om vreugde daarin te vind om verkeerd te wees?
Dink hieraan. Wanneer ons oortuig is dat ons perspektief reg is, dan is ons nie oop om na ander te luister nie en ook nie om van ander te leer nie. Ons groei die meeste wanneer ons nuwe inligting of nuwe standpunte het om na te kyk.
Ons sien dit uitspeel in Lukas 10 wanneer Jesus Maria en Marta besoek. Marta is besig om skoon te maak, te kook en voorbereidings te tref vir hulle besoek met die Verlosser van die wêreld. Intussen het haar suster Maria haar onverdeelde aandag aan Jesus gegee, geluister na Hom en tyd saam met Hom deurgebring — nie met die voorbereidings gehelp nie.
Marta is geïrriteerd en sy het Jesus gekonfronteer en gesê:
" … Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!" Lukas 10:40b.
Marta was oortuig daarvan dat sy reg was en haar woede ondersteun haar. Per slot van rekening het sy al die werk gedoen, en Maria het net rond gesit. Jesus sal beslis vir haar die geregtigheid gee wat sy verdien en Maria berispe, reg?
Verkeerd.
Jesus het na Marta gekyk en geantwoord:
“ ... Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie" Lukas 10:41-42.
In haar woede het Marta nie erken dat sy verkeerd was nie. Sy was besorg oor iets wat nie regtig saak gemaak het nie, terwyl die persoon vir wie sy kwaad was die regte ding gedoen het.
Dikwels is dieselfde waar van ons.
Ons oortuig onsself dat ons reg en hulle verkeerd is, ons is beter en hulle moet dit weet. Ons perspektief is dikwels onvolledig.
Wanneer ons tyd deurbring om regtig na ander en na God te luister, mag ons dalk ontdek dat ons eintlik nie reg is nie — of miskien is dit nie net swart en wit soos ons gedink het nie.
Wanneer ons gekonfronteer word met die nuwe inligting, het ons 'n keuse. Ons kan selfs meer kwaad word omdat ons verkeerd is. Of ons kan vreugde vind daarin dat ons verkeerd is, en dankbaar wees vir die geleentheid om te leer en te groei.
Wanneer jy volgende keer te staan kom voor 'n mening waarmee jy nie saamstem nie, neem 'n ingesteldheid van groei aan. In plaas daarvan om in woede te reageer of om jou trots 'n hupstoot te gee, oorweeg hoekom iemand anders daardie perspektief het.
Deur te luister om te kan verstaan mag jou dalk nie van gedagte laat verander nie, maar dit kan jou hart verruim. In plaas daarvan om iemand se siening af te maak of te kritiseer, kies om empatie en vreugde te wys in die wete dat ons nie altyd weet of ons reg is nie, maar ons kan altyd kies om liefde te wys.
Bid: Vader, dankie dat U vir ons almal unieke perspektief gegee het. Ons het mekaar nodig. Wys my enige gebiede waar ek toegelaat het dat my trots my verblind, en gee vir my meer nederigheid en empatie vir ander. Help my om 'n groeiende perspektief te kies en gee vir my die wysheid om vreugde te ervaar wanneer ek verkeerd is sodat ek meer op U en ander kan vertrou. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.
More