Geen Aanstoot Voorbeeld
Hoe Kan Ons Woede en Aanstoot Laat Vaar?
Baie van ons dra aanstoot soos bykomstighede, nie eers daarvan bewus dat dit ons afdruk nie. Hoe raak ons dus ontslae van ons woede, aanstote en ons frustrasies op 'n gesonde manier?
- Stel laer verwagtings vir ander.
- Verhoog jou dankbaarheid vir God se genade.
Dit klink eenvoudig, maar dit is nie maklik nie. Laat ons die twee dinge verder verken.
Jesus was nooit geskok deur sonde nie, nogtans is ons dikwels. Ons is geneig om vinger te wys, te veroordeel en kwaad te word, maar Jesus het net eenvoudig opgedaag, goed geluister en waarheid en genade aangebied.
Toe Jesus die einde van sy lewe genader het, het Hy geweet dat Petrus Hom op drie verskillende kere sou ontken. Petrus het geweier om dit te glo, hy het gesê dat hy Jesus nooit sou ontken nie. Jesus, wat egter geweet het dat die verraad op pad was, het hierdie wonderlike instruksie vir Petrus gegee:
“Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk" Lukas 22:32.
Jesus was nie verras deur Petrus se handelinge nie en het ook nie aanstoot geneem vir die pyn wat dit vir Hom veroorsaak het nie. In plaas daarvan, het Hy hom tot grootheid geroep na sy bekering.
Ons kan kies om ander ook dieselfde gawe te skenk. Wanneer iemand ons seer maak of iets verkeerd doen, is dit maklik om aanstoot te neem. Hoeveel beter sou dit wees om genade uit te gee?
Ons sien 'n ander voorbeeld hiervan in die vrou wat gevang is in owerspel in Johannes hoofstuk agt. Die geestelike leiers wou haar doodgooi met klippe, maar Jesus het vir haar genade aangebied. Hy het gevra vir enige iemand wat nie sonde het nie om die eerste klip te gooi, en baie stadig het almal weggeloop behalwe Hy.
Dikwels dink ons om vas te hou aan aanstoot gee ons krag. Ons hou daarvan om in die posisie te wees om die klip te gooi, die belediging te slinger of het 'n eiegeregtige opinie. Die waarheid is, soos die vrou, het ons almal 'n desperate behoefte aan genade.
Dit is slegs deur genade wat ons gespaar en gered word, dit maak sin dat ons dieselfde genade aan ander gee wat ons veronreg.
Ons het opsies. Ons kan vashou aan aanstoot wat ons bitter maak en ander gevange neem. Of ons kan kies om dit neer te lê, genade te onthou en vryheid te vind.
Bid: Vader, dankie dat U ons onverdiende genade gee. Help my om u genade te onthou en te waardeer sodat ek dit vryelik aan ander kan gee. Ek lê die aanstote neer wat ek dra en vra in plaas daarvan vir u genesing. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.
More