Geen Aanstoot Voorbeeld

No Offense

DAG 5 VAN 7

Hou Jou Mond

Het jy al iets gesê in die oomblik van woede en dan dadelik gewens dat jy dit kan terugneem? 

Dit gebeur een of ander tyd met ons almal, dit is seker hoekom Jakobus ons advies gee: 

" … elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie ..." Jakobus 1:19.

Vanaf die oomblik wat ons kwaad word, reageer ons brein deur ons amigdala aan te vuur, dit is die veg-of-vlug gedeelte van die brein. Van daar af laat die liggaam stres hormone vry soos kortisol en adrenalien. Dit sluit die meer rasionele prefrontale korteks in, bedoelende dat ons nie helder dink wanneer ons kwaad is nie. 

Dit is geen wonder dat ons woede partykeer die beste van ons kry nie. Daar is hoop! Indien ons stadig kan kwaad word, kan ons ook stadig reageer. Indien ons onsself kan oefen om nuuskierig te wees in plaas van om te konfronteer, kan ons van die woede laat afkoel voordat dit begin. 

Wanneer jy voel dat woede aan die kom is, probeer om vrae te vra in plaas daarvan om gevolgtrekkings te maak. Moet nie aanneem dat jy iemand anders se bedoelings ken nie, maar luister om hulle perspektief te verstaan. 

Wanneer jy die woede voel oorkook, neem 'n oomblik om stil te word en verskoon jouself voordat jy iets sê wat kan seer maak. 

Woede kan gevaarlik wees wanneer ons vinnig reageer, om te reageer met ons pyn en woorde wat seermaak. Efesiërs 4:29 herinner ons: 

"Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom."  

Selfs in woede word ons geroep om mekaar op te bou, nie af te breek nie. Paulus gaan aan om te skryf:  

" Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het" Efesiërs 4:32.

Dit is moeilik om medelydend en kwaad te wees op dieselfde tyd. Wanneer jy jouself kry dat woede jou wil oorkom, vra God om jou deernis te gee. 'n Stryd om dit te doen? Onthou dat God genadig is met jou. 

Die Skrif herinner ons dat God ons nie behandel soos ons verdien nie maar Hy betoon genade. Sy genade is elke môre nuut. Sy geduld raak nooit op met ons nie. 

Dit is moeilik om woede teenoor iemand te koester wanneer ons onthou hoeveel Christus ons voor vergewe het. 

Bid: Vader, dankie dat U stadig is om kwaad te word vir ons. Dankie vir u genade, liefde en deernis en help my om vandag u liefde aan ander te betoon, selfs wanneer ek kwaad of gefrustreerd is. In die Naam van Jesus. Amen.  

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

No Offense

Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/