Die Lig Op My PadVoorbeeld

Die Lig Op My Pad

DAG 3 VAN 7

Hoe groot is God!

Miskien is die boodskap wat jy vandag, met die oop koerant in jou hand, met die nuus wat jou so verskriklik ontstel, moet hoor: Hoe onvergelyklik groot is die Here, die God wat ons aanbid! Hy is die Skepper wat die waters in die holte van sy hand afgemeet het, vir wie die nasies soos ’n druppel in die emmer is, ’n stoffie op die skaal. Wie kan met Hom vergelyk word – die magtelose afgode wat van hout en metaal gemaak is? Die Here God is groot en almagtig. Die hele skepping en ook my klein lewetjie is veilig in sy hande.

Dink jy vandag die Here het van jou vergeet? Dat jy nie vir Hom saak maak nie? Weet jy dan nie die Here sien alles raak nie? Niks gaan by Hom verby nie. Hy is daar, ook vir jou! “Soos ’n herder versorg Hy sy kudde, die lammers maak Hy bymekaar en Hy dra hulle teen sy bors” (v 11).

Voel jy moedeloos en uitgelewer aan omstandighede? Jy is tot die dood toe moeg. Hoor dan: “Die Here word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie” (v 28, 29, 31).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Lig Op My Pad

Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid