In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 28 VAN 29

In Jesus is ek ‘n Oorwinnaar

Lees: 1 Johannes 4:4

SOAP: 1 Johannes 4:4

“Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.”


Oordenking

Deur ons tyd saam in hierdie studie oor identiteit het ons geleer dat wie ons is, is nie oor enige iets wat ons gedoen het nie, maar wie God is en wat Hy vir ons gedoen het. As ons identiteit gebou is op waar ons woon, ons beroep of ons omstandighede, sal ons teleurgesteld wees en moedeloos wees wanneer daardie dinge verander. Wanneer ons vashou aan ’n identiteit wat ferm gevestig is in wie God sê ons is en wat Jesus vir ons gedoen het, sal dít wat rondom ons gebeur, nie ons vreugde en vrede belemmer of verander nie.

Die brief van die apostel Johannes aan die vroeë kerk was bedoel om gelowiges aan Jesus se ware natuur te herinner: volkome God en volkome mens. Valse leraars het begin verskyn en ontken dat Jesus die Messias was. Johannes het ons eers aangemoedig dat ons reeds hierdie valse leraars oorwin het omdat die Heilige Gees in ons is en ons help om valse leringe te onderskei en te oorwin.

1 Johannes 4:4 herinner ons aan ons identiteit as kinders van God. As kinders van God is ons toegerus met die Heilige Gees en verenig met Christus. In Jesus is ons: ’n nuwe skepping, vergewe, regverdig, verlos, beseël, verlos, gered, vry, geliefd, ontvang, aangeneem, uitverkies, geken, met bedoeling gemaak, geseënd, toegerus en bekragtig. Ons burgerskap is in die hemel met al God se kinders en ons identiteit bied eenheid met ’n gemeenskap van gelowiges – ’n geskenk wat veel groter is as die individualisme en kompetisie van die wêreld.

Jy is wie God sê jy is. Jy is Syne.


Gebed

Almagtige God, daar is soveel harde stemme wat my probeer wegruk van die waarheid van u Woord en wie U sê ek is. Dankie vir die gawe van die Heilige Gees wat my help om die leuens te identifiseer en te oorwin, sodat ek ten volle in my identiteit as kind kan vasstaan. Amen. 





Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com