Leesplan inligting

In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 25 VAN 29




In Jesus is ek Geseënd


Lees: Numeri 6:24-26; 2 Korintiërs 9:8-10; Efesiërs 1:3


SOAP: Efesiërs 1:3


"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is."





Oordenking


Wanneer ons sê dat ons "geseënd" is, gebruik meeste van ons dit gewoonlik om te beskryf dat ons gelukkig voel of dat ons bly is dat ons iets waarvoor ons gewerk het, bereik het. Ons sê dat ons geseënd is om 'n geleentheid te kry, of ons voel geseënd dat 'n sekere situasie in ons guns uitgewerk het. Maar in Paulus se brief aan die vroeë kerk in Efese, het die seëning waarvan hy geskryf het, niks te doene gehad met geluk nie, maar alles met die gawes wat ons as gelowiges ontvang.


God is geseënd omdat Hy heilig is, en dit is net deur die Vader, Seun en Heilige Gees dat ons beseël, aangeneem, verlos en uitverkies kan word. Hierdie is die geestelike seëninge wat ons ontvang. Ons word ook geseën met geestelike geskenke en gawes om te dien in God se koninkryk. Dit vloei vanuit die seëning wat ons ontvang wanneer ons Christus as ons Verlosser aanneem.


As burgers van die hemel, wat met bedoeling geskape is en ten volle deur God geken word, is ons identiteit gewortel in "Wie s'n" ons is en nie in "wie" ons is nie. Die gawes wat ons van God ontvang het, is nie deur geluk of noodlot of per ongeluk nie, maar pragtig en doelbewus beplan vir ons ten goede en tot sy eer. Hierdie inleidende gedeelte van Paulus se brief, word gesien as 'n doksologie, deurdat Paulus sy brief begin deur eers vir God te prys vir wat Hy gedoen het, in 'n formaat wat lofprysing en eer toon.


In Jesus, is ons geseënd, nie oor wie ons is of oor wat ons gedoen het nie, maar omdat ons heilige, ongelooflike en wonderlike God ons gekies het en ons seën met gawes meer as enige iets wat ons ooit voor kon vra of ons selfs kon indink.  





Gebed


O Heer, u wonderbare gawes aan u kinders is meer as enigiets wat ek my ooit sou kon voorstel. Mag die woorde wat ek praat, die gedagtes wat ek dink, en die manier waarop ek my gawes gebruik, eer en glorie aan U bring, terwyl ek onthou en vertel van die ongelooflike dinge wat U gedoen het. Amen.




























Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid