In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 26 VAN 29

In Jesus is ek Toegerus

Lees: Efesiërs 2:10; 2 Timoteus 3:16-17

SOAP: Efesiërs 2:10

"Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." 


Oordenking

Kinders is so wonderlik kreatief. Hulle kan 'n stapel kartonbuise sien en daarmee 'n teleskoop maak of 'n bondel komberse in 'n fort verander. Verf is daar om te mors, en inkleur is die heel lekkerste wanneer dit buite die lyne gedoen word. Hulle kyk na wolke en sien die vorms van diere en kan eindelose stories vir hulleself skep terwyl hulle met boublokkies speel. Skoonheid word nie gevind in perfeksie nie, maar in die ervaring.

As volwassenes, kan dit soms moeilik wees om ons kreatiwiteit uit te leef. Ons vorige ervarings, dinge waaroor ons twyfel en ons mislukkings, weerhou ons daarvan om iets kreatief te skep bloot vir die lekkerte. As ons dit nie perfek kan doen nie, wonder ons of dit selfs die moeite werd is om te doen. Skoonheid word gevind in die aanvaarding en viering van wat ons skep, nie in ons genot van die ervaring nie.

In Jesus, word om toegerus om die goeie werke te doen waarvoor God ons voorberei het. Ons is kreatief ontwerp sodat ons die planne en doel wat Hy spesiaal vir ons het, kan vervul. Wat God geskep het, is pragtig! Ons kan aan God eer en glorie bring wanneer ons ten volle aanneem wie Hy ons gemaak het om te wees en ook om die werk te doen wat Hy ons geskape het om te doen.

God sal ons toerus vir die werk, nie omdat Hy weet ons kan dit perfek doen nie, maar omdat ons sy skepping is. Meesterlik, doelbewus en kreatief geskape.


Gebed

O Heer, baie dankie, nie net dat U my geskape het nie, maar U het my ook 'n spesifieke doel gegee en my toegerus om die werk te doen waarvoor U my ontwerp het. U is eindeloos kreatief en ek bid hierdie week dat ek 'n manier sal vind om iets pragtig te skep, net vir U, om te eer wie U sê ek is. Amen.







Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com