Leesplan inligting

In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 27 VAN 29




In Jesus is ek Bekragtig


Lees: 1 Korintiërs 12:4-11; 2 Korintiërs 12:9; Filippense 4:13


SOAP: Filippense 4:13


“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”




Oordenking


Ons is voortdurend omring deur die uitroepe van die wêreld wat ons vertel dat ons enigiets kan doen en enigiets kan wees wat ons wil, solank ons hard genoeg werk, gereeld genoeg probeer of genoeg goed kan koop. Ons kan daardie promosie op ons eie verdien as ons eenvoudig beter is as almal. Ons kan ’n wonderlike lewe vir onsself bou, solank ons genoeg het, genoeg maak en onsself met die regte mense omring.


In God se koninkryk is ons op ons sterkste wanneer ons swak is, en ons is op ons onafhanklikste wanneer ons van God afhanklik is. Ons vers van vandag beteken nie dat ons alles moet doen nie, maar dat ons vreugde kan vind wanneer ons op God vertrou om ons te bekragtig en toe te rus om die werk te doen waarvoor Hy ons roep.


Aan die einde van sy brief aan die kerk in Filippi het Paulus die tyd geneem om sy waardering vir hul ondersteuning van sy bediening te toon. Hy het opgemerk dat sy vreugde van die Here kom, nie van sy omstandighede nie. Alhoewel hy tye van armoede en tye van oorvloed beleef het (Filippense 4:12), het Paulus gesê dat ware tevredenheid die gevolg was van die die wete dat sy krag van Jesus gekom het.


In Jesus word ons bekragtig om alles wat die lewe vir ons het, te navigeer deur die krag wat ons in Hom het. Wanneer ons vreugde en ons identiteit in Christus gewortel is, sal ons omstandighede ons nie van stryk bring nie. Ons koersvaste, vreugdevolle lewens sal ’n getuienis wees van die genade en liefde van Jesus wat ons in alles en deur alles onderhou.




Gebed


Hemelse Vader, die wêreld probeer vir my sê ek kan dit alles op my eie doen, dat ek in my eie krag alle dinge kan doen en alles vir alle mense kan wees. Help my om daardie uitroepe stil te maak, sodat ek ten volle op U kan staatmaak om my krag en my vreugde te wees, terwyl U my bekragtig om alle situasies en omstandighede te navigeer op wyses wat vir U glorie en eer bring. Amen.

















Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid