Leesplan inligting

In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 24 VAN 29




In Jesus is ek Doelbewus Gemaak


Lees: Psalm 139:13–18



SOAP: Psalm 139:13–14


“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.”




Oordenking


Vandag se Skrifgedeelte is 'n voortsetting van Dawid se psalm wat ons verlede week gelees het toe ons geleer het dat ons deur God geken word. Omdat ons deur Hom geken word, kan ons seker wees dat ons lewens nie bloot toevallig of noodlottig is nie, maar dat ons doelbewus en doelgerig geskep is.


Die woorde en styl wat Dawid in Psalm 139:13 en 14 gebruik, kommunikeer sy vertroue in God se kennis van hom. Hy kommunikeer sekerheid in die waarheid dat hy met bedoeling geskape is. Ons kan met sekerheid weet dat, in Jesus, ons met bedoeling gemaak is, omdat die Skepper van die heelal ons gevorm het, ons ken en uitnooi tot 'n verhouding met Hom. God het elke deel van jou gemaak, nie net die sigbare dele van jou liggaam nie, maar ook jou gevoelens, persoonlikheid en talente. Hy het alles sorgvuldig en doelgerig saamgevoeg voordat jy nog gebore is, en Hy het geweet presies watter persoon jy sou word.


Jy word deeglik en volkome deur God geken. Jou identiteit is veilig in Hom en jou doel word in Hom gevind. Dawid se psalm moedig ons aan om met dankbaarheid op hierdie kennis van ons identiteit te reageer, nie vanweë wat ons kan doen nie, maar weens wat God gedoen het. Wie jy is, waar jy is en wat jy vir God se koninkryk kan doen, is nie lukraak of 'n fout nie. Jy is met liefde en bedoeling geskep.


Hoe kan jou lewe 'n dankbare weerspieëling van hierdie waarheid wees wanneer jy hierdie week met ander verkeer?




Gebed


Hemelse Vader, dit is vir my ongelooflik dat U elke deel van wie ek is noukeurig en doelbewus gevorm het, en alles versigtig saamgeweef het voordat ek gebore is. Mag my lewe die dankbaarheid weerspieël vir alles wat U gedoen het terwyl ek doelgerig werk, leef en liefhet. Amen.







Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid