Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 3 VAN 10

BEMOEDIGING 

Hoe bemoedig God my? 

Die lewe kan ’n mens soms so moedeloos laat. Wanneer dit vir jou voel of jou hele lewe besig is om inmekaar te stort, troos dit ’n mens om te weet dat ons hemelse Vader klaar weet presies wat ons nodig het. 

Hy weet of jou ontmoediging spruit uit fisieke moegheid, emosionele spanning, verstandelike uitputting, onmin in jou verhoudings of geestelike louheid, en Hy wil jou daarin bemoedig. Hy sal jou uit sy Woord bemoedig met vertroosting, hoop en krag. Draai elke dag na Hom toe en ervaar sy liefde.

Net soos daar vir ons ’n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ’n oorvloed van bemoediging deur Christus. (2 Korintiërs 1:5, Bybel in Afrikaans 1983/1992)


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za