Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 7 VAN 10

ABSOLUTES 

Is daar absolutes in die lewe? En as daar is, hoe kan ek weet wat dit is? 

Verbeel jou jy het pas ’n nuwe selfoon of rekenaar gekoop. Jy kan die gebruikshandleiding ignoreer en dit sal steeds werk. Maar jy sal baie van die wonderlike dinge wat dit veronderstel is om te kan doen, nie kan gebruik en geniet nie. Kom ons sê jy doen met opset presies die teenoorgestelde as wat die handleiding sê. Nou het jy ’n groter probleem. Jou selfoon of rekenaar sal jou elke dag frustreer omdat niks reg sal werk nie. 

Daar is ’n sekere manier om hierdie dinge sover te kry om te werk, en die handleiding sê vir jou hoe om dit te doen. Die lewe werk dieselfde. Die Bybel is God se handleiding vir die lewe. God het sekere absolutes in die wêreld ingeprogrammeer, en dit geld vir alle mense, in alle tye en op alle plekke. As ’n mens God se instruksies ignoreer, sal jy baie van die dinge misloop wat God vir jou bedoel het om te geniet. Gaan teen sy instruksies in, en daar is ’n goeie kans dat jy seerkry, frustrasie en teleurstelling gaan ervaar. Dit is hoekom dit so belangrik is om nie net die Bybel te lees en God se reëls te ontdek nie, maar ook daarvolgens te leef. Dit maak die lewe makliker, en ook baie meer vervullend.

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek. (2 Timoteus 3:16, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za