Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 8 VAN 10

MENSLIKE VERMOËNS 

Waar kom my vermoëns vandaan, en hoe moet ek dit gebruik? 

Diep in die menslike gees lê die begeerte en vermoë om wonderlike dinge te doen. Omdat jy na God se beeld gemaak is, het jy die begeerte om te skep, om dinge te laat gebeur. God sal jou nie hierdie begeerte gee sonder die vermoë om dit uit te voer nie. Hierdie vermoëns is gawes van God om jou te help om groot dinge vir Hom te doen en ’n vervullende lewe te lei. Hoe jy dit gebruik (of misbruik), bepaal uiteindelik die kwaliteit van jou lewe – nie die gemak of bymekaarmaak van dinge nie, maar karakter, vreugde en tevredenheid. 

Jou doel is om eerstens te ontdek wat jou vermoëns is, dit dan te ontwikkel, en dan te gebruik in alles wat goed, produktief en tot eer van God is. As jy jou vermoëns ontwikkel, ontdek jy wat God se doel daarmee is, en dan sien jy wat God nou deur jou kan doen, en ook wat jy kan word wanneer jy jou vermoëns in die ewigheid gebruik. 

Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. (Romeine 12:6)

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za