Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 5 VAN 10

LEER BY KINDERS 

Wat kan ons by kinders leer? 

Kinders vind soveel vreugde in die lewe. Die probleme en laste van die lewe druk nie swaar op hulle nie, en hulle is nog nie afgestomp deur seerkry en verwerping nie. Kinders sien die lewe net as sorgvry en vol avontuur. Jesus het ons aangemoedig om soos kinders te wees. 

Wanneer jy na God toe kom in gebed, kom jy met ’n agenda van sake wat jy wil bespreek, of vind jy bloot vreugde in sy teenwoordigheid? Voel jy opstandig oor gehoorsaamheid aan God, of is jy gereed vir die avontuur van ’n lewe in gehoorsaamheid aan Hom? Wanneer jy bloot vreugde vind in God se teenwoordigheid en alles wat Hy geskep het, sal die lewe vir jou groot blydskap inhou.

Jy sal bly wees oor die Almagtige en jy sal opkyk na God. (Job 22:26)

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za