Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 2 VAN 10

DRUK 

Wat is die beste manier om die druk van die lewe te hanteer? 

Druk kan veroorsaak dat jy op die onbelangrike fokus en die belangrike heeltemal miskyk. As jy vaskyk in wat nou dringend en belangrik is, verloor jy perspektief op die groter prentjie. 

Wat kan jy doen wanneer jy onder druk voel? Probeer eerstens wegkyk van die onbelangrike, en fokus op wat vir God belangrik is, nie vir jou nie. Wanneer jy dink aan alles wat God doen eerder as aan wat jy moet doen, kan die druk van die lewe minder belangrik lyk. Verdiep jou tweedens in God se Woord en gehoorsaam dit. Daarin lê die geheime tot ewige vreugde. Hoe meer vreugde jy in God vind, hoe minder spanning sal jy van buite ervaar. Laat ander laastens toe om jou te help. Niemand het gesê jy moet alles alleen doen nie, en mense kyk dikwels hulp van ander mis as ’n manier om druk te verlig. 

Wanneer die druk van die lewe te veel word, kan jy daarop antwoord met wysheid uit God se Woord, ’n ewigheidsperspektief en hulp van vriende.

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matteus 11:28-30, Bybel in Afrikaans 1983/1992)


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za