SielsontgiftigingVoorbeeld

Soul Detox

DAG 29 VAN 35

Die mense in ons lewens kan van die belangrikste geestelike bates of van die slegste laste wees. Slegte verhoudings wat 'n las is vir jou, is skadelik. Hierdie week gaan jy uit die Woord van God leer van die gevare wat skadelike verhoudings veroorsaak en die belangrikheid om jou met die regte mense te omring.

"Slegte geselskap bederf 'n goeie karakter." Beskryf 'n tyd toe jy hierdie waarskuwing in jou lewe ervaar het. Wat het jy uit jou ervaring geleer?
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Soul Detox

Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church