SielsontgiftigingVoorbeeld
Die regte mense sal jou opbou en jou na Christus lei, maar as jy by die verkeerde mense betrokke raak, kan hulle jou nadelig beïnvloed. Hulle kan jou siel skade aandoen. Hulle kan jou verhoudings benadeel. Hulle kan jou in die versoeking lei. Hulle kan jou negatief instel. Hulle kan verhoed dat jy die goeie van God ervaar.
Op watter maniere het skadelike verhoudings jou lewe en jou verhouding met God besoedel?
Op watter maniere het skadelike verhoudings jou lewe en jou verhouding met God besoedel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church