SielsontgiftigingVoorbeeld
Mattheus 16 wys ons dat een manier om skadelike verhoudings te hanteer, is om gesonde grense te stel, soos Jesus met Petrus gedoen het. Jy mag moontlik iemand moet aanspreek oor die negatiewe manier waarop hulle met jou praat of jou behandel, of jy mag dalk vir hulle moet sê dat jy nie 'n potensieel skadelike terrein in julle verhouding gaan betree nie.
Watter soort gesonde grense moet jy in jou verhoudings stel? Hoe sal jy te werk gaan om sulke grense te stel?
Watter soort gesonde grense moet jy in jou verhoudings stel? Hoe sal jy te werk gaan om sulke grense te stel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church