SielsontgiftigingVoorbeeld
Oor die algemeen is daar drie soorte skadelike verhoudings: die wat negatief is, die beherende soort, en dié wat verlei. Dis heel waarskynlik dat jy al ál drie skadelike verhoudings in jou lewe ervaar het. Dit is selfs moontlik dat jy teenoor iemand anders op een van hierdie drie skadelike maniere opgetree het. Volg die Woord van God en moenie toelaat dat jy verlei of mislei word deur skadelike verhoudings nie. Selfs belangriker, moenie skadelik teenoor ander optree nie, want dit gaan hulle tot dwaling lei.
Watter van hierdie drie soorte skadelike verhoudings is daar die meeste in jou lewe?
Watter van hierdie drie soorte skadelike verhoudings is daar die meeste in jou lewe?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church