SielsontgiftigingVoorbeeld
Dis baie maklik om in die lokval van kultureel skadelike dinge gelei te word, want dis so maklik om dit in ons denke te regverdig. Baie onder ons het seker al die volgende gedagte gehad: wat dalk vir jou gevaarlik is, mag glad nie vir my gevaarlik wees nie. Die Woord van God leer ons anders. Paulus sê in 1 Korintiërs 6, net omdat ons kan, beteken nie ons moet nie.
Watter standaarde gebruik jy om kulturele skade uit jou lewe te filtreer? Hoe goed dink jy stem jou standaarde met God s'n ooreen?
Watter standaarde gebruik jy om kulturele skade uit jou lewe te filtreer? Hoe goed dink jy stem jou standaarde met God s'n ooreen?
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church