SielsontgiftigingVoorbeeld

Soul Detox

DAG 22 VAN 35

Ons lewens word bedreig deur kulturele skade; daardie dinge wat kultureel aanvaarbaar is, maar ons siele beskadig. Die oorsprong van kulturele skade is in die boeke en tydskrifte wat ons lees, die musiek waarna ons luister, die televisieprogramme en flieks waarna ons kyk. Wanneer ons kulturele skade in ons lewens toelaat, besoedel dit ons. Hierdie week gaan jy lees wat die Woord van God te sê het oor die gevare van kulturele skade en die belangrikheid om op die dinge wat ons nader aan God trek, te fokus.

Watter kulturele skadelike dinge is daar tans in jou lewe? Hoe het dit al jou lewe besoedel?
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Soul Detox

Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church