Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 15 VAN 30

God het ʼn teenmiddel vir moegheid. Hy het “bly in” vir jou tam en uitgeputte siel voorgeskryf. Die geestelike teenoorgestelde van moegheid, is om in Christus te bly.

Ons moet in konstante, ononderbroke gemeenskap (broederskap) met Jesus Christus bly. Dit is nie ʼn een-keer-per-week besoek nie, maar ons word uitgenooi om ons lewens in sy teenwoordigheid te leef. Hy nooi jou uit om sy teenwoordigheid jou ware woning te maak. Sy teenwoordigheid is nie bedoel om ʼn skuilplek in 'n storm of ʼn lieflike vakansiehuis te wees nie, maar dit is ʼn plek waarin jy jou lewe kan leef om dit nooit ooit te verlaat nie! Wanneer jou permanente woning die teenwoordigheid van Christus is en jy Hom toelaat om elke dag ʼn plan in jou oor te fluister, elke uur en selfs elke sekonde van jou dag, dan sal sy glorieryke vrugte duidelik in jou lewe sigbaar wees.

Die woord “bly in”, in Grieks, is vertaal as “om te hou of vol te hou". Wanneer jy daagliks in Christus bly soos jy jouself deurentyd met die manna van sy Woord vul en jouself in die koel stroom van aanbidding verfris, sal jy gewis die duiwel se strategieë teen jou oorleef. Jy sal nooit weer ʼn persoon wees wat oorspanne en gedaan is nie, maar jy sal ʼn toonbeeld van gesondheid wees.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com