Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
'n Bybelwoordeboek definieer moegheid as "uitputting, om flou te wees, om gedaan te wees, moeg, siek, afgemat, uitgeput en sonder geduld."
Miskien het die Bybelwoordeboek jou so pas beskryf! Dit is presies die mens wat die vyand wil hê jy moet wees. Die Satan is slinks, bedrieglik en geheimsinnig en sal jou op enige manier wat hy kan uitput. Die pad na uitputting is 'n kort een en jy sal gouer as wat jy kan dink, gedaan wees.
Die duiwel wat jou aartsvyand is, wil hê jy moet heeltyd uitgeput wees. Soos wat jy jou lewe vul met goed, dinge en besig wees, lag hy, want hy weet dat hy al klaar die stryd gewen het.
Die Satan put die heiliges van die Allerhoogste God uit met besigwees en dringende dinge wat gedoen moet word. Die Satan weet dat jy elke stryd wat jy in die gesig staar sal verloor as hy jou kan uitput. Wat sal jy verloor? Natuurlik nie jou ewige redding nie, maar jy sal jou humeur en jou geduld verloor. Jy sal ook perspektief en jou gemoedsrus verloor. Jy mag dalk jou kreatiwiteit en jou daaglikse dissiplines prysgee.
Die duiwel se plan is om jou so besig te hou en jou aandag van die belangrike dinge in die lewe af te trek, sodat jy 'n afgematte, uitgeputte bestaan eerder as 'n oorvloedige lewe sal voer. Die duiwel versoek jou nie met blatante boosheid nie, maar met dinge wat goed voorkom. Die Satan sal iets gebruik wat vir 'n oomblik goed lyk en jou so van God se beste vir jou lewe weglok. Watter goeie ding trek vandag jou aandag van God se beste vir jou af? Goeie dinge mag jou uitput, maar God se beste sal jou altyd versterk en vrede in jou lewe bring.
Dikwels wanneer ek oorweldig voel, verklaar ek die volgende: "Satan, jy sal my nie uitput nie. Ek gaan jou uitput met aanbidding en die Woord van God!" Nadat jy hierdie verklaring gemaak het, begin om jou keuses te herevalueer sodat jy die siklus van uitputting in jou lewe kan breek. Besluit vandag om jouself nie meer deur dringende vereistes te laat uitput nie, maar dat jy jouself aan ewige, belangrike dissiplines gaan toewy. Vertrou my, jy sal net 'n paar strategiese besluite moet neem om jou uitputting met God se perfekte vrede te vervang.

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com