Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Toe my ma en pa getroud is, het hulle 'n ou laaikas by my pa se ouers gekry. Hierdie laaikas was vir dekades in hulle hoenderskuur, maar my ouma aan my pa se kant, het gedink dat my ouers dit in hulle huis sou kon gebruik. Die laaikas was toe, onder jare se stof, hoendermis en ontelbare vere van henne oor die jare heen. My ouma het dit probeer skoonmaak, maar dit was onmoontlik en dus het sy dit met 'n laag aaklige olyfgroen verf bedek.
Hierdie verrotte, olyfgroen laaikas het deur al my kinderdae heen in ons boonste gangportaal gestaan.
Ma het uiteindelik besluit om die olyfgroen verf van die laaikas te laat afhaal. Sy het dit vir 'n vriend geneem wat ou meubels in sy motorhuis gerestoureer het.
My ma het dit een oggend afgelaai en net die volgende dag het mnr. C gebel en vir haar gesê sy kan dit kom oplaai. Sy kon nie glo dat hy so 'n beskadigde meubelstuk so vinnig kon opknap nie en het hom gevra hoe hy dit binne net 24 uur kon klaar maak.
Mnr. C het verduidelik dat terwyl hy eienskappe van die spesifieke laaikas nagevors het, het hy besef dat dit vervaardig was tydens die Revolusionêre Oorlog en dat dit 'n waardevolle erfstuk was. Mnr. C het gesê dit herinner aan meubels wat vir George Washington self gemaak is! Hy het geweier om aan dit te vat en het aan my ma gesê dat dit derduisende rande werd is.
Ma het daarop aangedring dat mnr. C die stuk geskiedenis moes restoureer. Dit het Mnr. C baie maande geneem om die laaikas tot sy oorspronklike toestand te restoureer. Nadat mnr. C die vuilgoed verwyder het, het hy die laaikas begin afskuur — om dit te vernis — en om dit te herstel tot die oorspronklike pragstuk.
Jy is soos daardie laaikas — jy is gemaak om waardeer en versorg te word. Jy het egter in plaas daarvan gekies om in 'n hoenderhok te lewe en dit het jou gekamoefleer met hoendermis, vere en jare se stof. Toe het iemand met goeie bedoelings jou 'n aaklige groen laag verf gegee. God begeer om dit alles te verwyder en om jou saggies en liefdevol te herstel tot die natuurlike skoonheid van sy skepping. Sal jy Hom toelaat om dit te doen? Jy is geskape na sy beeld om deel te wees van sy strategie op hierdie tydstip van jou lewe.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com