Moenie Jou Bekommer NieVoorbeeld
Beproewinge Verklein of Vergroot Jou
Wanneer kinders leer om te loop val hulle verskeie kere, maar hulle staan op en probeer weer totdat hulle dit regkry. Die kind het nie 'n valse identiteit nie. In teenstelling daarmee, staan ons as grootmense nie sommer weer op nadat ons geval het nie.
Die apostel Paulus het 'n voorbeeldige gesindheid in sy tye van teenspoed gehad. Hy was in die tronk, nie omdat hy oortree het nie, maar omdat hy sy godgegewe roeping gehoorsaam het. Hy het in 'n brief aan die Filippense geskryf: "Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” Te midde van enige situasie waardeur jy gaan, moet jy verstaan dat ons nie afhanklik is van die omstandighede nie, maar van die Gees wat aan ons gegee is. Ons moet kan sê: "Midde-in my omstandighede, verbly ek my in die Here.”
Paulus het gepraat oor sy ondervindinge in die lewe. Sy geheim is opgeskryf in Filippense 4:11–13. Hy sê dat hy dieselfde bly of hy gebrek ly of oorvloed het. Mense verander dikwels deur die uiterstes waarin hulle leef. Een uiterste is positief, om in oorvloed te lewe. Die ander uiterste is om gebrek te ly of in armoede te lewe. In albei uiterstes openbaar ons reaksies wie ons regtig is. Paulus sê: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Niks verander ons nie, want ons is tot alles in staat deur Christus wat ons bron van krag is.
Paulus bewys dat hy 'n egte apostel is deur sy deursettingsvermoë in sy briewe. Hy gee die feite eerder as om te spog oor alles wat hy bereik het. Deur die swaarkry het hy getrou aan sy roeping gebly. Dit is die beste bewys van iemand wat die lewe van die ware God besit: dat hy of sy aanhou om God te dien, te midde van beproewinge. Dit is die optrede wat tel
Paulus het gesê dat hy oor die kerk besorgd was en hom bekommer het. Die lyding van ander was vir hom swaar, nie sy eie toestand nie. Hierdie tyd in sy lewe het nie net vir hom kennis gegee van die God van alle vertroosting nie, maar het hom ook in 'n instrument herskep wat ander kon vertroos. Sy lyding het sin gemaak, want hy het nou verstaan dat sy lyding en die gebeurtenisse in sy lewe alles God se voorbereiding was om hom toe te rus om ander te vertroos.
Aangaande hierdie leesplan
Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewinge of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewinge reageer is wat eintlik tel.
More