Moenie Jou Bekommer NieVoorbeeld

Do Not Worry

DAG 5 VAN 7

'n Barmhartige Vader

In 2 Korintiërs 1:3–5 sê die Bybel: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus." 

Paulus leer vir ons, te midde van sy beproewinge, is die barmhartige Vader aan hom geopenbaar. Wanneer ons van die Vader praat, kom die aardse beeld van 'n pa in ons gedagtes op. Dit maak nie saak hoe jou aardse pa was nie, jy moet verstaan dat God, die Vader, verskillende fasette het waarmee ons kan vereenselwig. In moeilike omstandighede, is Hy die Vader van genade. Hy stel Homself op verskeie maniere voor, maar in nood, moet ons weet is Hy die barmhartige Vader. 

God troos ons ook in ons moeilikhede. Ek weet nie wat jou probleme is nie, maar ek ken die God van vertroosting. Die troos wat jy nodig het is in die Vader van troos en genade. Paulus leer ons dat beproewinge deel is van die lewe, en daarvoor was hy nie 'n vreemdeling nie, maar dit was nooit weens sy onverantwoordelikheid nie. Daar is tye in die lewe wanneer ons lyding die resultaat is van wat ons gedoen het en ons onverantwoordelikheid. In Paulus se geval, was sy beproewinge weens die roeping wat hy in sy lewe gevolg het. Hy was nie in beheer van sy omstandighede nie en kon dit ook nie verander nie. 

Die beproewinge in jou lewe is nie noodwendig die resultaat van iets wat jy gedoen het nie. Ouers sal soms verantwoordelik voel vir hulle kinders wat rebelleer en daar is mense wat glo dit is as gevolg van swak ouerskap, maar kinders word groot en neem hul eie besluite. As jou omstandighede buite beheer is, sal God, die Vader van vertroosting, vir jou vrede in jou hart gee. As jy die oorsaak van jou omstandighede is, moet jy jou foute regmaak en jy sal te midde daarvan die genadige Vader ken. 

God gaan jou nie noodwendig van al jou situasies verlos nie, maar Hy sal jou altyd vertroos. Ons word nie altyd dadelik uit 'n omstandigheid bevry nie, maar ons kom aan die ander kant uit met ons koppe omhoog. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Do Not Worry

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewinge of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewinge reageer is wat eintlik tel.

More

Ons wil graag Gerardo Cardenas bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.centrocristiano.org