Moenie Jou Bekommer NieVoorbeeld

Do Not Worry

DAG 6 VAN 7

Identiteit

Wat in jou lewe gebeur, bepaal nie jou gees nie. Hoe jy jouself en jou vermoëns sien, is belangrik. Gedurende die tydperk wat die Israeliete in Egipte gewoon het, was hulle 'n sterk groep mense wat die ware God geken het, maar hulle was slawe. Hulle was nie fisiek sterk nie, maar hulle het die ware God in hul lewens gehad. Die probleem was dat hulle nie 'n identiteit gehad het nie. Hulle het nie besef wat hulle besit het nie. 

Wanneer jy nie weet wat jy het nie, selfs al is dit natuurlike vaardighede en gawes, sal jy aanhou asof jy dit nie het nie. Die Israeliete is deur baie beproewinge in Egipte. Hulle was vasgevang in hulle omstandighede, dit was vir hulle te groot om daaruit los te breek en hulle het onbekwaam gevoel. Enigiemand kon van hulle slawe gemaak het, want dit is wat hulle in hulle denke was. Hulle het met 'n houding van nederlaag gelewe. Beproewinge het hulle onderdruk en hul identiteit weggeneem. Dit veroorsaak dat 'n mens se vordering afneem en sodoende jou vermoë om die gawes wat jy ontvang het, te benut.

Daarteenoor, wanneer jou houding nie deur jou probleme beheer word nie, maar jou identiteit as 'n kind van God, dan sal niks wat om jou gebeur, jou beheer nie. 

Dawid was kleiner, swakker, en het minder ondervinding gehad as Saul se soldate. Hulle het militêre opleiding en wapens gehad. Dawid het egter 'n ander identiteit gehad. Hy het anders na homself gekyk. Dawid het volle vertroue in God gehad. Hy het in die ou verbond gelewe, wat beteken hulle het God nie gesien nie. Dit was 'n moeilike tyd, want mense se siele was dood. Tog het Dawid egter 'n karaktereienskap gehad — sy geloof. Hy het verhale van vroeër geglo en ook die profeet wat vir hom vertel het dat hy die koning van Israel sou word. Hy het dit geglo. Dit het vir Dawid 'n identiteit van lotsbestemming gegee. Hy het geweet hoe sy toekoms lyk en hy het sy verhouding met God geken. Alhoewel hy minder ondervinding as die ander soldate gehad het, was hy die enigste Israeliet wat geglo het hulle kon wen, daarom was hy die enigste een wat reus kon oorwin. 

Dawid het homself as 'n oorwinnaar gesien. Die realiteit is dat sy begrip op die waarheid gevestig was. Ander mense se sieninge was gebaseer op leuens. Hulle probleem was nie fisiek nie, maar verstandelik en geestelik: hulle het hulself met 'n verkeerde identiteit gesien. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Do Not Worry

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewinge of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewinge reageer is wat eintlik tel.

More

Ons wil graag Gerardo Cardenas bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.centrocristiano.org