Moenie Jou Bekommer NieVoorbeeld

Do Not Worry

DAG 2 VAN 7

Bid Met Danksegging

Paulus skryf nie oor die soort gebed wat mens of God probeer manipuleer nie. Ons dink ons sal kry wat ons wil hê as ons God deur gebed probeer manipuleer, of Hom vra om mense te manipuleer. Filippense sê egter dat ons met danksegging moet bid. 

Daar is gebede wat 'n gees van ongeloof en beproewinge kweek. Hierdie gebede veroorsaak spanning in plaas daarvan om bekommernisse uit te skakel. Dit is gebede wat op onsself konsentreer en God sielkundig probeer manipuleer. Dink jy ons kan God manipuleer? God kan nie gemanipuleer word nie. 

Hierdie soort gebede bring niks goed na vore nie en is nie die manier hoe ons met God moet kommunikeer nie. Dit is in werklikheid gebede van ongeloof. Paulus sê ons gebede moet die geur van dankbaarheid dra, want so word dit gebede van geloof. 

Paulus sê: "En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Wanneer ons te midde van ons noodsituasie op die regte manier bid, sal God sy vrede vir ons gee. Dit is nie 'n vrede wat van iets buite onsself af kom nie, maar wat God binne-in jou kweek. 

Die antwoord is nie dat die probleem opgelos gaan word nie. Paulus sê nie die probleem gaan dadelik opgelos word nie. Hy sê wanneer jy met danksegging bid sal die vrede van God jou denke en hart beskerm. Die vrede van God kom na vore deur 'n gebed van geloof te midde van jou omstandighede. 

Gewoonlik is ons beproewinge voor in ons gedagtes; daar is egter twee maniere hoe ons vir antwoorde kan wag. Enersyds is daar jou bekommernisse wat in vrees vir die uitkoms wag. Andersyds is daar die vrede van God wat ons harte en denke kan vul. Die probleem word nie deur enige van die twee opgelos nie, maar jy kan kies hoe jy die toekoms wil aanpak. Een manier is om met angstigheid gevul te wees: die probleem is nie opgelos nie en jou lewe gaan die nagevolge en resultate van die bekommernisse en vrees dra. Die ander manier is: al is die probleem steeds nie opgelos nie, het jy vrede in jou hart en jou denke. Met die vrede van God sal dit met jou goed gaan, ongeag wat gebeur. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Do Not Worry

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewinge of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewinge reageer is wat eintlik tel.

More

Ons wil graag Gerardo Cardenas bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.centrocristiano.org