Moenie Jou Bekommer NieVoorbeeld

Do Not Worry

DAG 3 VAN 7

Vrede wat Alle Verstand te Bowe Gaan 

Ons probleme, groot of klein, sal nie angs veroorsaak wanneer die vrede van God in ons is nie. Om 'n lewe van bekommernis te kies, al is die probleem klein, gaan tot beproewinge lei. Bekommernis veroorsaak net dat jou probleme groter word. 

Met die vrede van God in jou hart en denke lyk al jou probleme kleiner. Jy is standvastig. Jou omstandighede is nie die spil waarom jou lewe draai nie. Jy hou aan om te doen wat jy moet doen, te reageer soos jy moet en jy gooi nie tou op nie, want die vrede van God is in jou lewe. 

God se vrede gaan alle verstand te bowe. Dit is nie afhanklik van jou vaardighede nie. Jy kan dit nie self teweegbring nie. Dit is nie die resultaat van iets wat jy deur 'n natuurlike aksie kan doen nie. Dit is nie die produk van iets wat jy by die skool geleer het nie en dit is nie van vriendskappe afkomstig nie, alhoewel dit baie belangrik is om gesonde verhoudinge deur moeilike tye te handhaaf. 

Hierdie vrede ontstaan deur 'n lewe in die Gees. Dit is om verseker te wees dat jou lewe in God se hande is. Dit is om te rus in God se getrouheid in plaas daarvan om op jouself staat te maak. Dit is nie 'n logiese vrede nie, maar een wat alle logika te bowe gaan. Dit beteken dat 'n sielkundige nie gaan verstaan as hulle jou in jou omstandighede ontleed nie. Hulle gaan nie verstaan hoe jy soveel vrede in jou omstandighede kan beleef nie. 

God se vrede is nie van mense afkomstig nie; die mens se brein verstaan dit nie. Kalmte in moeilike tye kom slegs van God af. Die vrede van God gee vir jou siel standvastigheid, dit bewaar jou hart, denke en emosies. Die probleem is dat jou siel op jou omstandighede reageer. Jou siel, wat altyd in beheer wil wees, probeer om emosies van hartseer, depressie, vrees en vele ander toestande te produseer wat die mens se gedagtes van nature te midde van beproewinge na vore bring. Hierdie reaksies en emosies lei tot angstigheid wat dan ons harte en denke verwar en chaos veroorsaak. Die vrede van God waak oor ons siele en beskerm ons sodat ons omstandighede en emosies ons nie beheer nie. Dit is 'n vrede wat sielkunde en mense se verstand te bowe gaan. Dit is die Gees wat my lewe beheer. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Do Not Worry

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewinge of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewinge reageer is wat eintlik tel.

More

Ons wil graag Gerardo Cardenas bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.centrocristiano.org