Vrae aan GodVoorbeeld

Questions for God

DAG 6 VAN 6

Goed, maar wat van die hel? 

Baie mense se begrip van die hel en God se komende oordeel, veroorsaak dat hulle God soos 'n wrede monster sien, eerder as 'n liefdevolle Vader. 

Daarom is dit so belangrik om elke gedeelte wat jy oor die hel lees, te sien deur die lens van wie God is, soos deur Jesus geopenbaar. Wanneer ons na Jesus kyk, sien ons 'n God wat vol liefde, genade, deernis en barmhartigheid is. Wanneer ons na Jesus kyk, sien ons 'n God wat Hom deur geen hindernis sal laat verhoed om die mensdom van sonde te red en ons met Hom te versoen nie. 

Terselfdertyd wys Jesus vir ons ook 'n God wat nie daarvan sal wegskram om sonde en boosheid op die naam te noem nie. Nietemin, sal Jesus niemand van hul vrye wil ontsê nie. Hy gee aan mense die keuse om Hom te volg en te vertrou, of om Hom te verwerp.

Ons het almal die keuse om 'n lewe met God te kies, of 'n lewe van God verwyder. 

God sal ons keuse respekteer. As iemand verkies om God in hul lewe te verwerp, sal God nie hul keuse verander wanneer hulle sterf nie. Dit is hoekom die hel bestaan. Die hel is die resultaat van God se respek vir mense se vrye keuse om 'n lewe met Hom of verwyder van Hom te kies.

Wat is die hel? Die hel verteenwoordig verwydering van God. 

Een van die grootste probleme waarmee mense te kampe het, is dat hul begrip van die hel dikwels in baie meer besonderhede en spesifiek is as wat in die Bybel voorkom.

Wanneer Jesus van die hel praat, beskryf Hy dit op 'n paar verskillende maniere. Soms as 'n brandende vuur, soms as 'n smeltoond, soms as 'n vullishoop en ander kere as absolute duisternis. 

Die besonderhede mag verskil, maar die betekenis bly dieselfde: hel is 'n ewigheid van God verwyder en is soveel erger as die ewige verbintenis met God. 

Dit is waarom die taal oor die hel so erg en intens is. Jesus wou hê mense moes verstaan dat hulle 'n ewige lewe by God kan kies! Of hulle kan God verwerp en die hel kies. 

"Uiteindelik is daar net twee soorte mense: diegene wat vir God sê: "Laat u wil geskied," en diegene vir wie God uiteindelik sê: "Laat u wil geskied." Almal wat in die hel is, het dit gekies. Sonder 'n eie keuse kan daar geen hel wees nie. Geen siel wat ernstig en voortdurend na vreugde verlang sal dit ooit misloop nie." — C.S. Lewis. 

Op hierdie stadium mag jy dalk nog verontrus wees oor die idee van die hel. Dis goed. Dit beteken jy is menslik. Dit is iets wat jou behoort te verontrus

In Romeine 9:2-3 sê die apostel Paulus: "dat daar by my groot droefheid en voortdurende hartseer is oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees."

Paulus sê hier hy sou die hel vir homself gekies het as hy daardeur die Joodse volk kon beweeg om lewe by God te kies. 

Dit is die liefde wat Jesus aan ons gewys het. Deur ons sonde aan die kruis te dra, het Hy Homself toegelaat om van God verwyder te wees sodat ons die ewige lewe kan hê.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Questions for God

Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/