Vrae aan GodVoorbeeld

Questions for God

DAG 2 VAN 6

Het die wetenskap nie die Bybel weerlê nie? 

God is nie vir die wetenskap bang nie. God het dit dan self geskep! Die Christelike geloof is gevestig op 'n God wat die heelal met al sy natuurwette, orde en stabiliteit geskep het. Dit is die grondslag van daardie geloof wat die wetenskap moontlik maak! 

Het jy geweet die oorgrote meerderheid vaders van moderne wetenskap was Christene? Galileo, Kepler, Pascal, Boyle, Faraday, Clerk Maxwell, Newton, en Bacon (wat die wetenskaplike metode uitgevind het). Hulle was ook nie bloot terloopse Christene nie, maar waarlik toegewyde Christene. As jy sommige van hul geskrifte lees, sal jy die krag van hul geloof sien en hoe hulle geloof in God een van die grootste dryfvere van hul wetenskaplike weetgierigheid was.  

Verder was 65% van alle Nobel pryswenners tot dusver Christene. God is nie vir die wetenskap bang nie. 

Jy kan 'n onbevooroordeelde, kritiese denker, wetenskaplik weetgierige, toegewyde Christen wees. Toe vir Jesus gevra is watter gebod die belangrikste is, was sy antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand." Jesus sê dus ons hoef nie ons verstand af te skakel om in God te glo nie. Inteendeel, ons verstand moet ten volle betrokke wees! 

Die konflik wat tussen die wetenskap en die Bybel waargeneem word, ontstaan uit die misverstand van die wetenskap of deur die misverstaan van die Bybel. 

Kom ons praat dan oor die Bybel. Wat is dit? Die Bybel is nie 'n teksboek met die antwoorde vir al ons vrae nie. Die Bybel is 'n verhaal wat aan ons wysheid gee en ons na Jesus lei. Dit is so belangrik, want: as jy nie weet wat iets is nie, sal jy ook nie weet wat dit probeer doen nie. 

Die Bybel is die Woord van God vir ons, maar dit is nie oorspronklik vir ons geskryf nie. Die Bybel is 'n versameling van biografieë, geskiedenisse, briewe, profesieë, gedigte, gelykenisse en nog meer. Dis oorspronklik geskryf deur mense wat gedurende verskillende tye en plekke gelewe het, van verskillende kulture was en wat ander tale as ons gepraat het. As gevolg daarvan en om die Bybel behoorlik te verstaan, moet ons begin met hierdie vraag: Wat het dit toe beteken? Dan kan ons begin verstaan wat dit nou beteken. 

Wat dan van die wetenskap? Die wetenskap is 'n hulpmiddel wat ons help om die waarheid van die natuurlike wêreld te ontdek. Francis Collins, 'n befaamde wetenskaplike, beskryf hierdie verhouding pragtig wanneer hy sê: "Die wetenskap ondersoek die natuurlike wêreld. As God enigsins iets beteken, is God buite die natuurlike wêreld. Dit is 'n heeltemal verkeerde gebruik van wetenskaplike hulpmiddels om dit enigsins by hierdie gesprek te wil toepas." 

God is nie vir die wetenskap bang nie. Jy hoef ook nie bang te wees nie. Jy kan 'n onbevooroordeelde, kritiese denker, wetenskaplik weetgierige, toegewyde Christen wees.

Wil jy meer van hierdie onderwerp weet? Kyk na die boek Can Science Explain Everything? deur Professor John Lennox.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Questions for God

Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/