Vrae aan GodVoorbeeld

Questions for God

DAG 4 VAN 6

Hoekom sou ek in God glo as daar so baie skynheilige Christene is? 

As jy al ooit gefrustreerd was oor die skynheiligheid van sommige Christene, dan is jy in goeie geselskap. Jesus het geen geduld met skynheiligheid gehad nie. Jesus was die eerste persoon om die woord "skynheilige" te gebruik om iemand te beskryf wat een ding sê en 'n ander doen. Voorheen is die woord net gebruik vir 'n akteur wat 'n masker aan het. 

Soos jy in vandag se Skrifgedeelte sal sien, het Jesus nie doekies omgedraai om skynheilige godsdienstige mense uit te wys nie. Jesus was vreeslik reguit met hierdie mense, want Hy het geweet watter skade word aangerig deur skynheiligheid. 

Min dinge maak die Christendom moeiliker om te glo as mense wat sê hulle glo in God, maar nie regtig vir Jesus volg nie.

Waarom moet jy dus in God glo as so baie Christene skynheiliges is? Omdat 'n slegte Christen nie die waarheid van die Christendom weerlê nie, net soos 'n slegte dokter nie die waarheid van die medisyne weerlê nie. 

Bowenal is daar goeie redes om te glo dat God werklik is en die Christendom waar is. Net 'n paar redes is: die bestaan van die heelal, die presiese instelling van die heelal om lewe te kan ondersteun, menslike bewussyn, sedelikheid en historiese bewyse van Jesus se dood en opstanding. (Indien jy graag meer hieroor wil weet, gaan soek Dr William Lane Craig op.)

Nog twee vrae wat ons moet beantwoord voordat ons aanbeweeg: 

Wat is die kerk? Die kerk is nie 'n museum vir heiliges nie, maar 'n hospitaal vir sondaars. Jesus het dit in sy prediking baie duidelik gemaak dat Hy gekom het om siek sondaars te genees. Jesus is die dokter en ons is sy pasiënte. Dit is belangrik, want Jesus het ons nooit gevra om volmaak te wees nie, maar Hy nooi ons wel om vordering te maak. Wanneer ons hierdie waarheid verstaan, kan ons die maskers afhaal en ophou om voor te gee dat alles goed gaan. In plaas daarvan kan ons skynheiligheid verwerp en kies om met integriteit te lewe — deur eerlik te wees oor waar ons is en ons bes doen om aan te hou vorentoe beweeg.

Wat beteken dit om 'n Christen te wees? Om in God te glo maak jou nie 'n Christen nie. Net om Jesus te volg. Daar is baie verskillende gode waarin mense glo of aanspraak maak om te glo. Toe Jesus sy dissipels geroep het, het Hy nie net gesê hulle moet in God glo nie. Hy het vir hulle gesê om nader te kom en Hom te volg. Daarna het Jesus aan sy volgelinge 'n nuwe opdrag gegee om mekaar lief te hê net soos Hy ons liefhet. Jesus het dit glashelder gestel dat die wêreld sal weet wie Hy is deur die wyse waarop ons liefhet. 

Waarom sou jy dus in God glo as so baie Christene skynheiliges is? Omdat daar goeie redes is om in God te glo en omdat Jesus aan ons iets bied wat die wêreld nie kan nie. Hy bied ons lewe, hoop, vrede, genade, liefde en 'n doel. 

Die goeie nuus is dat Jesus nie na volmaakte mense gekom het wie se lewens in orde is nie. Hy het gekom na gebrokenes en onvolmaakte mense soos ek en jy.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Questions for God

Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/