Vrae aan GodVoorbeeld

Questions for God

DAG 3 VAN 6

As God werklik is, waarom bestaan boosheid en lyding dan? 

As ons al die boosheid om ons sien, is dit regtig moeilik om in die bestaan van 'n God te glo wat altyd vir ons goed is, ons baie liefhet, alwetend en almagtig is. Alhoewel die probleem van boosheid en lyding die bestaan van die meeste gode weerlê, weerlê dit nie die Christelike God nie. 

Waarom? As gevolg van Jesus. Jesus is God in menslike gedaante. Jesus het ons wêreld van boosheid en lyding binnegekom, dit direk gekonfronteer en gekies om 'n kruisdood te sterf sodat ons lewe by God kan hê. Jesus is die beste beeld wat ons van God het. Jesus het gely en gesterf. Jesus is God wat deur lyding geopenbaar word..

Deur sy kruisdood het Jesus die finale simbool van dood en vernietiging gebruik om lewe en verlossing aan die wêreld te bring. 

Die feit dat ons boosheid en lyding as 'n probleem sien, is verbasend genoeg, juis die bewys van God se bestaan. Waarom? Omdat daar sonder God nie goed of kwaad sou wees nie. As daar geen God is nie, is daar geen doelgerigte sedelikheid nie. Sonder God is die heelal slegs atome wat teen mekaar bots. Dit beteken dan is daar geen goed of kwaad nie, daar is slegs dinge waarvan ons persoonlik hou of nie van hou nie. 

Tog, wanneer ons boosheid en lyding sien, kry ons hier diep binne ons 'n diepgaande sin dat dit nie so moet wees nie. 

C.S. Lewis, voorheen 'n ateïs wat 'n Christen geword het, stel dit so: "Die skadu's is 'n bewys van die sonskyn." 

Hy sê die bestaan van boosheid (die skadu's) is juis die bewys van die goeie (die sonskyn). Sonder doelgerigte sedelikheid, kan goed en kwaad nie bestaan nie. Doelgerigte sedelikheid kan nie sonder God bestaan nie. 

Volgens die Christelike tradisie het boosheid en lyding tydens die sondeval vir die eerste keer in die wêreld gekom. Omdat God se aard liefdevol is, het Hy die mensdom geskep met die vryheid om te kan kies. Liefde kan nie sonder keuse bestaan nie. Hierdie vryheid beteken die mens kan tussen goed en kwaad kies. Die sondeval was die oomblik toe die mensdom dít wat God ten goede bedoel het, vir boosheid aangewend het. Dit was ook toe sonde in die prentjie gekom het. Sonde is meer as 'n blote fout. Sonde is soos 'n siekte wat die mensdom geïnfekteer en die skepping korrup gemaak het. Die boosheid en lyding wat ons vandag in die wêreld sien, is die uitwerking van daardie siekte. 

Sedert die begin het God boosheid en lyding ten goede gebruik. Dit word nêrens duideliker bewys as aan die kruis waar Jesus die slegste van hierdie wêreld geneem en dit gebruik het om die beste van God aan te bied: die opgestane lewe. 

Dit wat God toe gedoen het, was maar net die begin. As gevolg van Jesus se dood en opstanding, sal 'n dag aanbreek wanneer alles wat verkeerd is, reggemaak sal word, wanneer elke seer genees sal word, elke gebroke ding weer heelgemaak sal word en daar geen boosheid en lyding meer sal wees nie. 

Die verhaal van die Christendom is wat God gedoen het, wat God nou doen en wat God nog gaan doen aan die probleem van boosheid en lyding. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Questions for God

Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/