Vrae aan GodVoorbeeld

Questions for God

DAG 1 VAN 6

Vrae vir God

Het jy al ooit vrae vir God gehad, wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Vrae waarvoor jy nie antwoorde het nie. Vrae wat na twyfel gelei het. Twyfel wat jy nie geweet het wat om mee te doen nie. Vrae wat veroorsaak het dat jy nie eens meer weet wat jy glo nie en of jy enigsins nog glo nie. 

Hierdie vrae gaan oor die wetenskap, die Bybel, boosheid, lyding, veroordelende Christene, verskillende godsdienste en nog vele meer. Dit is werklike en moeilike vrae, maar deur die loop van hierdie reis, sal ons sien daar is goeie antwoorde op die groot vrae wat ons vir God het. 

Kom ons gesels eers oor twyfel omdat twyfel regtig vreesaanjaend kan wees. 

Twyfel maak jou nie 'n swak Christen nie. Twyfel is menslik. 

Jy hoef my nie te glo nie! Kyk na hierdie woorde van groot Christen denkers, skrywers en teoloë: 

  • "Wie onder ons het nog nooit onsekerheid, verlies en selfs twyfel op hul geloofsreis ervaar nie? … Ons almal het dit al ondervind. Ek ook." — Pous Francis
  • "Ek dink my probleem is dat ek te min geloof het … dikwels wanneer ek bid, wonder ek of ek nie dalk briewe na 'n adres stuur wat nie bestaan nie." — C.S. Lewis
  • "Twyfel is soos die miere in die broek van geloof. Hulle hou jou geloof wakker en aan die gang." — Frederick Buechner
  • "Ander mense se begrip van God is so fundamenteel vals, dat dit vir hulle beter sou wees om te twyfel as om toegewyd te bly. Hoe meer toegewyd hulle is, hoe leliker word hulle geloof omdat dit op 'n leuen gevestig is. In so 'n geval is twyfel nie slegs uiters te verstane nie, dit is 'n teken van geestelike en intellektuele sensitiwiteit vir foute, want hulle beeld is nie van God nie, maar van 'n afgod." — Os Guinness

Twyfel is nie die afwesigheid van geloof nie. Dit is 'n uitnodiging om 'n dieper geloof te ontwikkel. 

Een van my gunsteling voorbeelde van twyfel in die Bybel kom aan die einde van die evangelie van Matteus voor, net voor Jesus sy dissipels uitstuur om die wêreld te gaan verander. Daar word na hierdie gedeelte as die sendingopdrag verwys. Deur die sendingopdrag ontvang Christene die instruksie om die goeie nuus van Jesus met die wêreld te gaan deel sodat hulle dieselfde liefde en genade kan ervaar wat so baie van ons ondervind. 

Net voor Jesus hierdie woorde gesê het, wat ook sy laaste aangetekende woorde is voordat Hy opgevaar het, lees ons in vers 17 dat sommige dissipels Hom aanbid en ander getwyfel het. 

Sommige aanbid en ander twyfel. Hulle twyfel het hulle nie gediskwalifiseer nie. Jou twyfel sal jou ook nie diskwalifiseer nie. Sommige het aanbid en sommige het getwyfel, maar hulle het almal vir Jesus gevolg

Wat gaan jy dus doen met jou vrae en jou twyfel? 

Ek hoop jy bring jou vrae na God toe, soos so baie mense voor jou gedoen het. Jy sal jou twyfel verwerk met mense wat jy vertrou en jy sal nog steeds verkies om Jesus te volg. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Questions for God

Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/